


Blinkoog Monnies Naskooltuiste is geleë op die skoolgronde van Laerskool Monumentpark. Ons gronde is veilig & bekend vir ons kinders.
Ons geriewe:
​
-
Aparte klaskamers per graad groep/e, ingerig vir leerders om in stilte en georganiseerd huiswerk te doen en leer.
-
Onderwysers in elke klas om toesig te hou en kinders te ondersteun.
-
Lekker groot saal vir eet of selfs speel en films kyk wanneer die weer nie so lekker is nie.
-
Verskeie bordspeletjies of tafeltennis as jou kind lus het vir ietsie anders.
-
Buite speelarea en groot sandput.
​
Addisioneel:
​
-
Ons gestruktureerde program maak voorsiening vir gebalanseerde tyd vir huiswerk, leer en speel.
-
Vaste stil huiswerk tyd elke Maandag tot Donderdag met ekstra klastyd vir die kinders wat sport en kultuur aktiwiteite het.
-
Ons onderwyseresse, almal met jare se ervaring en die wêreld se geduld, om jou kind te help met hulle huiswerk en take.
-
Vrydae is Voorleesdag. Ons is deel van Nalibali (isiXhosa vir ‘hier is die storie’), ‘n nasionale lees-vir-genot veldtog. Daardeur wil ons deur voorlees van eg Afrikaanse stories, ‘n liefde vir lees aanwakker en algemene kennis van ander kulture deel met die kinders.
​​
​
